Sunday, November 7, 2010

Aanvullende Notas

Verteller in die roman

Alomteenwoordige verteller – die verteller weet wat die karakters sê, dink en voel
Die verteller is nie gebonde aan plek, tyd en ruimte nie

Konflik

1. Mvula se innerlike konflik oor twee wêrelde waarin hy hom bevind

In watter leefwêreld bevind hy hom? In die Zoeloe of Westerse leefwêreld?


Hy ry ‘n 4x4 voertuig, jag met ‘n geweer.


Konflik verder vererger deurdat Zolile eerder ‘n mediese dokter as ‘n boer wil word.


Ook – konflik tussen tradisie en verwestering


2. Amazolo se innerlike konflik in die tronk


Sy voel sy verdien die lot wat oor haar gekom het, omdat sy die kind nie wou hê nie


Zuziwe het vir haar gesê dat sy gestraf sal word en sy voel dat sy die straf oor haarself gebring het


Die enigste ding wat sy kan doen is om haarself en Thandi en Mvula te vergewe


Ook – innerlike konflik met haar dood – voel sy boet vir haar sondes


3. Thandi se innerlike konflik na Zolile se dood


Voel gestraf deur hul god met die dood van haar enigste seun en verbintenis aan Mvula


Onvrugbaarheid raak iets dodeliks – sal enigiets doen om aan Mvula verbind te bly


Dink moontlik Mvula blameer haar vir Zolile se dood – hul verhouding is wankelrig


Voel sy belewe haarself in ‘n krisis – sy sal op straat sit sonder Mvula


Veg basies vir haar eie oorlewing en vir die oorlewing van die lewe waaraan sy gewoond is


Bang om nie meer die hoofvrou te wees nie en haar sosiale status te verloor


4. Nomsa se konflik oor haar verhouding met Zolile


• Die geld wat Sipho gesteel het het vir haar skoolloopbaan betaal


• Voel dat sy nooit gelukkig sal wees nie


• Voel dat daar moontlik ‘n vloek op hulle verhouding rus


Ironie


Ironie in Amazolo se swangerskap


• Sy verwag die kind van die man vir wie sy lief is, maar aan die ander kant wens sy dat die kind moet doodgaan, omdat haar geliefde haar verlaat het

Mlenzana se dood


• Mlenzana gaan om Sipho te straf vir wat hy aan Amazolo gedoen het


• Mlenzana boet met sy eie lewe


• Sipho bly ongestraf vir die moord & diefstal


Naamgewing


Hoekom gee Amazolo nie vir Die Kind ‘n naam nie?


• Amazolo is kwaad omdat Mlenzana haar alleen met die buite-egtelike kind gelos het


• Sy hoop dat die persoon wat hom aanneem eerder vir hom ‘n naam gee


• Sy dink ook as sy vir hom ‘n naam gee, sal hy iemand vir haar wees en sy wil nie hê hy moet nie


Wat is die relevansie van die merk van die amathongo in die boek?


• Die merk het gekom van die tarentaal wat Amazolo geëet het toe sy swanger was


• Die vroedvrou het opgemerk dat Die Kind dit het


• Later in die boek bewys dit dat Zolile 2 eintlik Amazolo se kind is


Simboliek


Simboliek in Amazolo se naam


• Haar naam beteken “dou”


• Sy was altyd “helder” soos haar naam sê, maar die lewe en haar lewensuitkyk het troebel geword vir Amazolo


Umakweyane-boog


• Amazolo is oortuig dat dit al manier is waarop sy haar en die Kind en Mlenzana saam kan bind


• Simbool van pynlike verwerping wanneer Amazolo dink Mlenzana het haar verlaat (beide kere)


Temas

Likwezi sal eerder honger lei as om die voorvaders se geeste kwaad te maak


• Aardse geluk is van korte duur


Thandi se verhouding met Mvula



• Al haar rykdom kan nie haar man se liefde verseker nie


• Ware liefde het nie geld nodig nie


3 comments:

  1. Good quality summary. I am sure the students at our school relly appreciate your work. Thank you ma'am. Tebello Rabele .

    ReplyDelete
  2. Ek is n leering en ons doen dié boek by my skool. Hierdie samevatting het vir my baie gehelp om te studeer.

    ReplyDelete